Blog


2017-02-01
Die salwing leer jou aangaande alle dinge


DIE SALWING LEER JOU AANGAANDE ALLE DINGE ...

 

1. Ontmoet JOU ANTWOORD op ALLE DINGE

1 Johannes 2:27 sê: “Die SALWING leer jou aangaande ALLE DINGE ...”

Wat beteken die SALWING van God?

In kort: “EK is by jou!, EK sal jou ALLES leer!”

SALWINGSOLIE daarmee saam, is SY simbole én vloeibare ANTWOORDE! 
TASBARE, GEURIGE, GODDELIKE kommunikasiemiddels tot ons beskikking! 
Spandeer tyd daarmee; VOEL, PROE en RUIK daaraan. Beleef HOM sintuiglik by jou.


 

Leer VANDAG die SALWING in Sy vloeibare vorm ken. Ontmoet en ontdek opnuut jou ANTWOORD op ALLE DINGE ...

 

2. Die GALBANUM SALWING:

JOU ANTWOORD op ALLE DINGE; (vervolg)

1 Johannes 2:27 sê: “Die SALWING leer jou aangaande ALLE DINGE ...”

GALBANUM olie leer ons die beginsels aangaande UITSTEL: (Procrastination)

Die Hebreeuse woord, cheleb beteken LANGDURIGHEID.

Dit is FEBRUARIE maand! Ons voornemens (langdurigheid) word GETOETS! Gaan jy aanhou, uithou, volhou om jou nuwejaars planne uit te voer?

Hierdie olie sê: Daar is ‘n salwing, ‘n boodskap van God om jou aan te moedig:

Galasiers 6:9: En laat ons nie moeg word om goed te doen nie, want op die regte tyd sal ons maai as ons nie verslap nie.

God gee ons die krag, insig en wysheid (Sy salwing) en ons moet dit gaan implimenteer! Sy Galbanum boodskap is om langdurig te bly goed doen! Die oes is oppad!

 

Sommer iets PRAKTIES wat moontlik mag help met daardie procrastination (en wat in Desembermaand vir my HUIS-REGPAKKERY gewerk het!)

  • In plaas van vanmiddag se facebook lees, stel jou alarm vir 20 minute. Begin by die vertrek waar jy die MEESTE kom en begin met die voor-die-hand-liggende rondstaan-goed.
  •  Sorteer dadelik in NET 2 groepe. Wat weggegooi, en wat gehou word.
  • Na 20 minute het jy alreeds die goed wat jou die meeste pla uit jou gesigveld gekry.
  • Gooi weggooi goed dadelik in ‘n swart sak en bêre die uitsortering (van die goedere wat jy behou) vir môre se 20 minute.
  • Geniet die gevoel van oorwinning wat volg, al is dit hoe klein!
  • Herhaal daagliks tot die taak (vertrek) voltooi is!